SADCC Reisigers

NAMIBIA - SUID AFRIKA HALFPAD RUSPLEK

Goibib plaas is ‘n goeie plek vir die reiseger, hengelaar, jagter of Toeris om af te saal.
Ons is langs die teerpad 50km Noord van Grunau, 110km Suid van Keetmanshoop.
1400 meter bo seespieêl sorg dat ons koeler is in die Somer.
Ons bied volledige akkomodasie, Kampeer fasiliteite met goeie badkamers, bad en stort.
Familie kamers en selfsorg eenhede is ook beskikbaar.
Kamers is skoon, netjies en goed toegerus.
Slaap koel in die Somer en warm in die Winter.
Ons kombuis maak smaaklike kos. Braaigeriewe is beskikbaar.

Ons pryse neem SADCC Reisigers in ag. Bel om seker te maak.

GOIBIB KLUBKAART BESKIKBAAR VIR GEREËLDE BESOEKERS.

Kry goeie korting op die geadverteerde pryse.
Bespreek ook vir langer verblyf. Goibib is gerieflik en goed geleë om Suid Namibia te verken.
Onderneem dag rite na die Vis Rivier Canyon en ander te siens waardighede.
Daar is mooi roetes om die Groot Karas Berge.

Dienste en voordele sluit in die volgende:

  • Goeie Wi-fi
  • Yskas inprop geriewe waar motors staan
  • Vrieskamer vir die suksesvolle jagter en hengelaar
  • Etes. Smaaklike Boerekos en ander lekker disse
  • Padkos kan bestel word
  • Vleis en wors te koop. Bestel vooruit sal ook help
  • Braaihout
  • Gesellige Lapa en Swembad area
  • Pragtige Berge en Natuurskoon
  • Asemrowende aand sterre
  • Kroeg en kuierplek
  • TV vir die rugby of sepie
  • Veld uitrit om Natuur, Wild en Plasasdiere te besigtig
  • Staproetes

Telefoon: + 264 63 250 704
Selfoon: + 264 85 37 66 299 WHATSAPP
Selfoon: + 264 85 693 8476 WHATSAPP
Epos: goibib@mweb.com.na
Webwerf: www.goibibmountainlodge.com